web analytics

Wolmarans Kontrak Dienste

Wolmarans Kontrak Dienste
Business Name: Wolmarans Kontrak Dienste
Long Business Description:

Wolmarans Kontrak Dienste is ‘n diens verskaffer wat spesialiseer in onder andere die volgende: kragopwekkers, palisade omheinings, hekke, veligheids hekke, diefwering, herstel van lekkende dakke, pype, krane en geysers.
By Wolmarans Kontrak Dienste (WKD) is ons leuse eenvoudig: “Eerlike loon vir eerlike werk”. Dit is op hierdie waarde stelsel wat ons ons besigheid model ontwikkel.
Ons spesialiseer in die volgende:
1. Diens, herstel en voorkomende onderhoud op alle groottes
kragopwekkers, beide petrol sowel as diesel, enkel fase, asook
drie fase.
2. Installasie en koppeling van ‘n oorskakel skakelaar om ‘n
kragopwekker te integreer vir beurtkrag krag onderbrekings.
3. Vervaardiging en installasie van kappies om kragopwekkers se
lawaai te demp.
4. Pas gemaakte staalwerk vir ‘n wye verskeidenheid
toepassings, soos bv:
– Ons #noLifTrak wat dit bykans onmoontlik maak vir
boosdoeners om staal hekke van die spoor af te lig.
– Herstel / Konstruksie van afdakke
– Herstel / Konstruksie van palisade omheinings
– Vervaardiging en installasie van diefwering en
veiligheidshekke
5. Installasie, onderhoud en herstel van alle warm water verhitters
(geysers). Hetsy dit elektries, gas of solar is.
6. Skoonmaak van geblokte dreine, herstel van lekkende krane,
– aaneen lopende toilette, stilmaak van pype wat “skud” en
raas en vervanging van geroeste / gebarste pype.
Ons kliënte het ‘n keuse tussen self materiaal aankoop en verskaf, of ons kan dit doen namens die kliënt.
In die geval waar ‘n kliënt al die nodige informasie verskaf wat benodig is vir die formulering van ‘n koste beraming, is daar geen kostes verbonde aan die kwotering nie.
Hierdie is ook tipies die tipe kliënt wat self sy materiaal verskaf en telefonies of per elektroniese kommunikasie presies uiteen kan sit wat gedoen moet word.
In die geval waar ‘n kliënt nie oor die tegniese kennis beskik om al die relevante informasie te verskaf aangaande ‘n projek nie, is dit noodsaaklik vir ons om ‘n tegniese spesialis uit te stuur om al die nodige data te versamel wat benodig is vir die formulering van ‘n koste beraming of kwotasie. In hierdie geval, sal daar ‘n uitroep fooi betaalbaar wees alvorens enige werk onderneem word.
Hierdie bedrag beloop tipies R350-00 binne ‘n 30km radius van die operasionele sentrum in Tuine, Pretoria. Die kwotering koste vir 30km – 60km radius beloop R600.
Ons uurlikse tarief is R500.00. Soos reeds vermeld, het ons kliënte die opsie om alle materiaal self te verskaf.
In die geval waar WKD die materiaal moet verskaf, is daar ‘n 25% wins marge van toepassing op alle materiaal. Hierdie winsmarge is nie op winsbejag ingestel nie, maar uitsluitlik om die kostes te dek verbonde aan die formulering van ‘n professionele, korrekte koste beraming en kwotasie.

Business Phone Number: 061 494 1065
Business Address: 165 Marija Street Wonderboom Pretoria

Send Message to listing owner

Listing Title: Wolmarans Kontrak Dienste